True friend 

​A TRUE friend is the only person who never gets tired of listening to your own pointless dramas over & over again ♡

Advertisements

Sielsmens 

Ek is n sielsmens, diepmens en lief mens. 

Ek hou van opregte mense en die mooi in die lewe. Gelag van mense en kinders en van gesels tot sonopkoms. Die klein dingetjies hou my nederig en die feit dat ek grensloos my Vader kan liefhê en Sy woord kan uitleef. 

Ek hou van mense met n sagte Gees en wat opreg en eerlik is met hulle self en ook almal rondom hulle. Mense wat ander waardeer en respekteer en opreg liefhet.

Sielsmense is nie volop nie ..die lewe en omstandighede kan maak dat die sielsmens nie uiting kry nie. En hulle lewe dan nie tot hulle volle potensiaal. 

Sielsmens…hartsmens…lief mens. 

Anne-Marie Nagel Kopiereg Voorbehou 9.8.2016

Sielsmens…hartsmense…lief mens. 

Anne-Marie Nagel Kopiereg Voorbehou 9.8.2016

Gebed

​Jesus ek kom vanoggend na U toe en Vra dat U almal wat hartseer is sal vertroos. Die wat onrustig is sal kalm maak. Wie leiding of gebed nodig het U met hulle sal wees. Die wat voor n groot besluit staan U hulle sal help om die regte Dankie dat U ons onvoorwaarlik liefhet. Dat U ons harte ken en weet wat ons nodig het. Maak die een wat hier lees se gees rustig vir U Heilige Gees. Amen♡

Anne-Marie Nagel Kopiereg Voorbehou  4.8.2016

Vriendskap & Kennisse 

N woord wat op soveel vlakke bespreek kan word en wat n baie groot inpak op ons lewens het. 

Almal van ons wil graag goeie vriende/inne hê.

Wel daar is n groot verskil tussen kennisse en vriende.

Kennisse is mense wat mens op gereelde basis in die verbygaan met hallo en totsiens ken. Gewoonlik werkskollegas of mense wat ook kinders in die skool het. Julle is altyd bedagsaam in die verbygaan en dis waar dit bly.

Vriende is mense wat jy beter leer ken. Met wie jy n pad loop en deur dinge gaan. Met wie jou openlik oor dinge en gebeur gesels. Mense wat jy mee op vakansies gaan en braai en kuier op n gesellige manier. Mee lag en huil en soms ook stil kan wees. 

Jy sien ware vriendskap kom nie sommer op ons pad nie. Ek voel mens het meer kennisse as ware vriende. Want ware vriendskap is duur. Dit het n duur prys op. Wat nie sommer bekostigbaar is nie. Mens moet deur baie gaan om dit te kan betaal. Jare se opbou en bystaan. Jare se opofferings om mekaar te kan vertrou en elke dag daar wees te wees mekaar.

Daar gaan stampe en stote in ñ verhouding wees. Dis deel van die reis tot ware vriendskap. Dis reeds dan wanneer mens mekaar beter leer ken op alle vlakke. Die hartseer tye en tog ook die gelukkige lag tye.

Vriendskap is duur en vriendelikheid verniet.

Anne-Marie Nagel Kopiereg Voorbehou  2.8.2016